DERMATOLOGY SOCIETY OF SOUTH AFRICA

For Patients

Nail Fungal Infection

  Click here to view the English version.

'n Algemene siekte1 :
Duidelike resultate in swaminfeksies van
die naels
 
 
Gesels met jou Dokter, Voetheelkundige of Apteker vir verdere
inligting omtrent Topikale Behandeling vir Swaminfeksies van die Naels
 

Swaminfeksies is die mees algemene infeksie van die naels en maak 18 - 40% van alle naelprobleme uit. Dit is meer algemeen namate mens ouer word en kom meer algemeen by mans as by vrouens voor.

Swaminfeksies van die naels (onigomikose) kom gemiddeld by tot 8% van die algemene bevolking voor, maar kan baie hoër wees by diabetiese pasiënte en gereelde swemmers. Aangesien die groeitempo van naels met 0.5% per jaar afneem, is bejaarde pasiënte veral kwetsbaar.
 
Die volgende faktore is bekend om die risiko vir
Swaminfeksies van die naels, in mense te verhoog:1 (in volgorde
van belangrikheid)
 
Trouma (besering)
Been-en gewrigsiekte
Sport
Diabetes
Vetsug
Vaskulêre siekte (siekte wat die
bloedvate-en sirkulasie aantas)
Onigomikose tas meerendeels die toonnaels aan
(7 tot 10 maal meer dikwels as die vingernaels ) en word dikwels geïgnoreer. die nael van die groot toon word veral aangetas (92% van die tyd).1
 
'n Ware mediese probleem1
Swaminfeksies is verantwoordelik vir simptome soos pyn en ongemak tydens stap by die helfte van geaffekteerde pasiënte, algemene ongemak en pyn by nog 'n derde en by 10% van gevalle word professionele of ander aktiwiteite beperk. Dit kan jou lewenskwaliteit toenemend aantas namate die toestand versleg. Dit is belangrik om te besef dat die infeksie sal vererger indien dit onbehandeld gelaat word. Dit is ook belangrik om die voordele van vroeë diagnose en doeltreffende behandeling in te sien.
 
Tipes swaminfeksies van die naels (onigomikose)1:
  • Alle gevalle van onigomikose is die resultaat van 'n swaminfeksie veroorsaak deur óf dermatofiete ('n spesiale soort gis), giste of skimmels.

  • Swaminfeksies word gewoonlik verdeel tussen dié sonder matriksbetrokkenheid en dié met matriksbetrokkenheid. Sien diagram hiernaas.

  • As die swaminfeksie eers die naelmatriks aangetas het, word dit moeiliker om dit doeltreffend te behandel. Deur die probleem vroegtydig te behandel, verbeter jy jou kanse tot suskses en laer koste.

Voorbeelde van swaminfeksies van die naels
 
 
Hoe om swaminfeksies (onigomikose) te behandel:
 
  • In gevalle waar die naelmatriks (naelbed) nie betrokke is nie of waar minder as 80% van die naeloppervlakte aangetas is, word direkte aanwending op die nael (topikaal) gewoonlik aangedui.4

  • Die voordele van topikale behandeling sluit vinnige absorpsie deur die naelplaat met bereiking van die naelbed in (NB: Jou nael hoef nie verwyder te word nie), asook lae risiko van newe-effekte vergeleke met orale medisynes, hoë genesingskoers en laer kostes.

  • Indien infeksie reeds die naelbed bereik het, of indien daar meer as drie aangetaste naels is, word orale medisyne tesame met 'n topikale behandeling gewoonlik voorgeskryf.

  • Die kanse op genesing word aansienlik verbeter wanneer orale medisyne saam met 'n topikale behandeling gebruik word.2,3

  • Dit is altyd belangrik dat die kursus van behandeling voltooi word wanneer swaminfeksies behandel word, selfs wanneer jy mag dink dat die infeksie al genees is.

  • Enige tipe swaminfeksie het die nare gewoonte om terug te keer. Dit is belangrik om met jou behandeling vol te hou soos voorgeskryf is.

  • Omdat die aangetaste nael deur nuwe, gesonde naelgroei vervang moet word en die nael teen 'n stadige tempo groei, kan dit tot 6 maande neem vir vingernaels en 9-12 maande vir toonnaels.